OLA

WP – die pad na die finaal
Vodacom Westelike Provinsie het hul 2010 ABSA Curriebeker- veldtog begin kort na afloop van die Super 14 kompetisie waarin hul teen die Vodacom Blou Bulle in die geskiedkundige finaal in Soweto verloor het.

Allister Coetzee se taak is bemoeilik toe verskeie van die WP-sterre opgeneem is in die Springbokgroep en dit was nie altyd maklik om dieselfde hoogtes te bereik as sy Super 14 span vroeër in die jaar nie. Onder die bekwame leiding van senior spelers soos Willem de Waal, Tiaan Liebenberg en die nuwe kaptein, Anton van Zyl het die span hul Curriebekerseisoen egter op ‘n dominerende wyse begin.

Na twee indrukwekkende oorwinnings teen onderskeidelik die Vrystaat Cheetahs in Bloemfontein en tuis teen die Leeus (sonder om enige punte af te staan), het die span voortgebou op hul onoorwonne rekord met ‘n 50 punt oorwinning teen die Poemas en Griekwas asook ‘n welverdiende oorwinning teen hul tradisionele aartsvyand, die Vodacom Blou Bulle op Nuweland.

Met Allister Coetzee se span bo-aan die punteleer het hul na Durban gereis met die doel om die eerste helfte van die seisoen met ‘n 100% onoorwonne rekord af te sluit. Die Haaie het egter ander planne gehad en het met ‘n kliniese vertoning gesorg dat ons span hul eerste wedstryd verloor. Dit het ook ‘n draaipunt in die WP se veldtog beteken. Hierdie nederlaag is opgevolg met nog twee teleurstellende vertonings teen die Cheetahs en die Leeus – twee spanne wat beide oortuigend geklop is in die eerste rondte.

Die terugkeer van verskeie van die WP se Springbokke het egter die vonk verskaf om die span se veldtog weer op dreef te bring. In die daaropvolgende twee wedstryde is 50+ punte teen die Luiperds en die Poemas aangeteken. Dis opgevolg met nog ‘n indrukwekkende oorwinning teen die Griekwas voordat hulle die Blou Bulle op Loftus aangedurf het.

Die WP wat die wedstryd grotendeels gedomineer het, was ongelukkig om naelskraap met 36-32 te verloor. Dit het beteken dat die Vodacom WP die Haaie op Nuweland moes klop om seker te maak dat hulle tuis in ‘n semi-finaal sou speel. Die span het met die terugkerende Springbokke, Bryan Habana, Jaque Fourie, Ricky January and kaptein Schalk Burger ‘n skitterende vertoning gelewer om oortuigend te wen en sodoende ‘n tuis semi-finaal teen die Vodacom Vrystaat Cheetahs te verseker.

Die WP-span se enigste nederlaag op Nuweland was juis teen die span van Bloemfontein, maar het doodseker gemaak dat dit nie weer gebeur nie en het met bykans ‘n volmaakte vertoning gerieflik met 31-7 gewen. Hierdie oorwinning het verseker dat die WP hul eerste Curriebeker finaal in 9 jaar bereik het.

‘n Opdraande stryd wag op die WP wat na Durban moet reis vir hul wedstryd teen die Haaie, wat bo-aan die punteleer ge-eindig het. Die ondervinding van die Super 14- finaal agter hulle en die momentum wat die span die laaste paar wedstryde van die kompetisie opgebou het, kan hul egter help en wie weet - miskien is 2010 die jaar wat die WP se wendroogte verbreek word en weer die glorie dae terugbring na die Nuwelandse ondersteuners.

Check out the best pictures of Vodacom WP in action by CLICKING HERE.

WP jou lekker ding!

<<terug



twitterLeft-(1).jpg
FbLeft-(1).jpg
Add to Facebook Add to Twitter