Schalla: ‘n Groot uidaging wag Saterdag
Vodacom WP kaptein, Schalk Burger het oor die jare al talle hoogtepunte beleef – ‘n Drienasie-oorwinning, die reeksoorwinning oor die Britse Leeus, die verowering van die Wêreldbeker en die aanwysing as IRB speler van die jaar – dis reeds meer as wat die meeste rugby spelers in hul loopbane bereik.
 
Ten spyte van al sy vorige suksesse, bly een prestasie hom steeds ontwyk; ‘n plaaslike trofee met die Vodacom WP. Scalla kry hierdie naweek sy eerste kans in ‘n Curriebeker finaal. Die WP het laas in 2001 ‘n finaal bereik. In ‘n onderhoud met Club Newlands Ezine het die flank erken dat dit ‘n lang wagtydperk was vir die span, spelers en sy ondersteuners.
 
‘n Lang wag.
 
Hy het gesê: “ Dit was vir almal by WP Rugby ‘n lang wag en die hele span is baie opgewonde oor hierdie kans om in die finaal te speel. Die ekstra week voor die finaal het regtig gehelp met ons voorbereidings en ons sien baie uit na Saterdag”
 
Hantering van druk
 
Burger het die span ook vroeër die jaar gelei tot ‘n Super 14 finaal waartydens hulle naelskraap deur die Bulle geklop is. Die 26 jarige Burger glo egter dat die ondervinding wat die span tydens die Soweto finaal opgedoen het , hulle sal help, maar hy weet ook dat dit nie die beslissende faktor in die wedstryd op die ABSA Stadium sal wees nie.
 
“Ek dink die grootste les wat ons uit die finaal in die Orlando Stadium geleer het, is hoe om die druk op die dag te hanteer. Dis iets wat baie van die spelers nog nie te vore ervaar het nie. Dit gesê, weet ek egter dat ‘n ander teenstander en wedstyd Saterdag wag en ons besef dat die belangrikste gaan wees om net op ons eie strukture te konsentreeer en nie op ons vorige wedstryde nie”
 
Die Haaie wat die seisoen bo-aan die punteleer geeindig het, staan vierkantig tussen die WP en glorie. Hulle het hul topvorm bevestig met ‘n kliniese vertoning in hul epiese semi-finaal oorwinning oor die verdedigende kampioenspan, die Blou Bulle. Schalla verkeer onder geen illusie oor die groot uitdaging wat op sy span wag nie. “Die Haaie hou daarvan om met die bal te hardloop en hulle verdedig uitstekend. Hulle vaste vyf sowel as hul lostrio is baie sterk en ons sal baie goed moet verdedig indien ons kompeterend wil wees. Saterdag gaan beslis ‘n groot stryd wees!”
 
Met soveel op die spel om die Curriebeker weer terug te bring Kaap toe, kan Schalk en die span egter op al sy ondersteuners staatmaak. Ongeveer 3000 WP ondersteuners is op pad Durban toe en tuis sal duisende ander hul entoesiasties aanmoedig 

Check out a video message from Scalla to the fans:
 


<<terug


twitterLeft-(1).jpg
FbLeft-(1).jpg
Add to Facebook Add to Twitter